Rendier se kraal

Wednesday, July 26, 2006

14 days and counting

When I think of London, I conjure feelings of happiness. Many people go to London with dreams of wealth and never-ending opportunity, only to have their dreams shattered by the reality of living in a strange place; working with strange people and doing strange jobs.

When I arrived in London, just over 4 years ago, it was a place filled with opportunity. Within the first couple of weeks, I awoke to the fact that I missed the IT boom and jobs were not as freely available as it seemed. 4 weeks passed in which my days consisted of: Get up to have breakfast with wife; Go to the Internet Café and spend a couple of hours looking for jobs, sending CV’s and arranging interviews; Go to the gym to blow off some steam; Go shop at the local Market (Fulham’s North End Road) to prepare supper; Go back to the Internet Café to see if I had any responses to my CV’s; Go home and prepare supper. Another day another couple of quid spent with no income. I reached dire straits and finally got an interview at Tate Britain for a Corporate Fundraising Administrator position. The pay was not bad and the people were really accommodating. Not withstanding the fact that my art knowledge was limited to having heard of Picasso and a few others, I got the job. What does a Corporate Fundraising Administrator do?

My days consisted of updating the CRM (Customer Relations Management) system; scouring the newspapers for potential sponsors; producing presentations for future events requiring sponsorship. It was great fun and I worked with great people. I even got to see a few exhibitions (Matisse and Picasso; Lucian Freud and others) and work with some of the wealthiest people in London.

Next job would be at IMS Health – Database administrator for the Sales and Services Department. Though the job was not too challenging, I got the opportunity to explore and develop new skills. Again I met some wonderful people and made some great friends. From Database administrator I moved to Systems Administrator for the Customer Services Call Logging system (QMS). This was a great challenge and I got the opportunity to learn quite a bit, especially in the roll out of new products. My team grew, from Linda (the manager) and me, to Derek (TSP – Timesheet) and Shazia (GoldMine, QMS). From Systems Administrator I moved to Business Analyst for the Sales Department. This was a very dynamic role and it put all my skills to good use. I got the opportunity to work at all levels in the Sales cycle. It was great and probably the best job I had in London. I worked within a great team, each with their own area of expertise and learnt how to be interdependent.

We left London on the 26th of August 2005.

Now, almost a year has passed and life moved on at a hectic pace. Life in South Africa has been good and if I had to choose between going back to London and staying here, I would stay.

We left London on a high. Good jobs, good friends, good times. Now we’re going back on holiday; too say our final farewell to a time in our lives that we will never forget.

Wednesday, July 19, 2006

Petite kom Londen toe


Familie Rendier kom die Moddereiland besoek. Jip, ons het verneem dat dit nou lekker warm is en ons Afrika-velle sal die weer kan trotseer.

Ek sien al lankal uit daarna om iemand te maak opstaan as Mev Rendier die tube bestyg. Wees gewaarsku, as jy jouself op 'n sitplek vind wat vir arkies en dies meer bedoel is, mag ek jou dalk net vriendelik versoek om plek te maak. Mundy, Netta lyk swanger genoeg om selfs ons toets te kom slaag :)

Familie Rendier sal op die 11de Aug Lizzie se Klip betree en vir 'n paar dae weiding soek. Besoeke aan Mothercare en dies meer is aan die orde van die dag, maar 'n paar aande in Bootsies sal beslis gebeur.

Tot later

Friday, July 14, 2006

Petite Mouton - 23 weke



Tegnologie is wonderlik. Woensdag het ons gou weer 'n draai gaan maak by die sonograaf. Alles is in orde en Petit groei goed, so goed dat sy al amper 'n week groter as haar ouderdom is. Dit was moeilik om fotos te kry, want madame is effe sku en wou net nie haar handjies van haar gesig af verwyder nie. Die donker area teen haar voorkop is die ellendige hand.

Groetnis uit die Rendier se kraal.

Friday, July 07, 2006

Londen 07/07 - 'n Jaar later



Dis een jaar sedert Londen tot stilstand geruk is. Die dag sal ek nog goed onthou. My lot het ek met 10 minute vrygespring. Ons het, soos dit enige goeie Suid-Afrikaner betaam, vroeg opgedaag vir werk. Ons het amper nie, want kyk, ons het toe mos alreeds kennis gegee en was binnekort oppad terug na die Moederland. Pligsgetrou het ons vroeg opgedaag en so 'n katastrofe op Edgeware Road vrygespring.

Teen 14:00 het ons groot baas laat weet dat ons huistoe kan gaan en ons het die lang tog af Waterloo toe te voet afgelê. Die ongemaklike stilte, gebreek deur die loei van sirenes elke dan en wan, sal my altyd bybly.

'n Paar weke later maak ek en Mev Rendier ons debuut op internasionale TV - SKY News voer onderhoude met beide van ons en vir 'n paar uur word dit herhaardelik uitgesaai.

Twee maande later sit ons terug in die Paradys, waar geweld en misdaad alledaags is, maar geweld op so 'n groot skaal is ongekend.

Kiekie is van 'n tekening deur Steve Bell wat in The Guardian gepubliseer was.

Thursday, July 06, 2006

Oesterfees

Die afgelope naweek het die Oesterfees in Knysna afgeskop. Dit was my eerste ondervinding van die fees en eintlik het ek dit nie beleef nie. Ek is nie eintlik 'n mens wat hou van fanfare nie en die idee van georganiseerde chaos is nie vir my nie.

Donderdag het ons die pad Knysna toe aangepak met 'n paar pit stops langs die pad, ondermeer by Peregrine, net buite Grabouw, om 'n paar Mosbolle, appels en dies meer aan te skaf. Die weer was mooi en die pad was stil; 'n perfekte kombinasie. Die vakansie reuk het al van Riversdal in die lug gehang - die wat nie weet hoe dit ruik nie, ry gerus die stuk pad. Die fynbos maak jou los van die stad se rumoer.

Na 'n vinnige stop in George het ons in Knysna gearriveer. Die bagasie is afgelaai en ons is in dorp toe om vooraad aan te skaf. Die dorp was 'n miernes van aktiwiteit en na die inkopies is ons terug om die skippie vir 'n spin te vat. Die weer was ongelooflik; koel, maar lekker. Die aand is afgesluit met 'n Panarotti's Pizza special en 'n draught( as julle ooit daar eet, herinner tog vir Precilla of Precious dat 'n draught 'n bier is wat uit 'n kraan kom en hulle het dit wel!)

Vrydagoggend begroet ons met 'n grys kombers. Die straf van Knysna is op ons. Mooi weer is nie ons voorland nie. Na 'n heerlike mosbolletjie ontbyt, is ons die dorp in om te shop - Mev Rendier soek hard na iets, maar vind niks. Teen 11:00 lig die gryskombers en begroet die warmste winter-son ons. Ons jaag terug huistoe, want so 'n geleentheid moet aangegryp word. Die skippie word gelaai met al wat 'n lekker-ding is en ons vaar die hawe uit. By die Koppe is die water bietjie stamperig, so ons kies koers na die treinbrug. Neffens die brug gooi ons anker en maak reg vir 'n lekker middagete in die gloei van die son.


Ek en mev Rendier

Laatmiddag arriveer Slabber uit PE. Ons skiet gou vir 'n spin op die skip net soos die son ons groet. Die res van ons geselskap is nog duskant Albertinia, so ons besluit om gou iets te gaan eet by Sirocco's - dis nou nadat ek dit vir MTN Directory enquiries moes spel en nou nog wag vir die SMS. Die atmosfeer is great. Argentinië speel teen Duitsland en daar is 'n goeie gees. Na 'n paar oesters, 'n kabejou'tjie met wasabi-mash(ek maak nou my eie ook) en 'n heerlike chocolate brownie, kies ons koers terug Quays toe. Die res van ons geselskap arriveer en na 'n groet en gekuier kies almal koers bed toe.

Saterdagoggend is Henk vroeg uit die vere. Die man ry immers die 42km bergfiets roete en met 'n baba in die kamer het hy nie veel slaap ingekry nie. Die res van ons verkeer gesellig, speel met Kara, gesels oor babas en swangerskap en verwyl sommer net tyd in die oggend son. Met Henk se terugkeer pak ons die skippie en skiet die water in vir 'n heerlike middagete. By Featherbeds gooi ons anker. Die lewe is 'n absolute fees. Al wat haastig is in die geweste is die gety. Magies vol, ogies toe. Kara is vas aan die slaap teen die tyd dat on weer in die Quays vasmeer.


Wilmien, Kara en Carike

Saterdagaand is afgesluit met 'n heerlike worsbraai - dankie Henk - en 'n paar bliklywe by die brug.


Slabber, Henk en Rendier

Sondagoggend vaar elkeen sy eie roete in. Die pad Kaap toe is rustig en sonder enige voorvalle.

Die naweek was hopelik die begin van vele. Die pad tussen die Kaap en PE is immers nie so ver nie.

Petite Mouton update

'n Vinnige update om te sê dat poppie gesond is en sterk groei. Sy is nou 'n allemintige 25cm lank en weeg 'n volle 400g. Teen die tempo van groei behoort sy so 3.5kg te weeg teen geboorte. Ongelukkig het die fototjies nie te goed uitgekom nie en die wat wel goed was is onbetaamlik en ek sal my meisiekind nie so aan die wêreld blootlê nie.

Oor 2 weke neem ons weer kiekies, dan wys ek julle weer hoe sy lyk.