Rendier se kraal

Tuesday, August 22, 2006

The West End

Londen het great shows. Nie soos hier in die Kaap waar mens vir 'n maand of 3 dieselfde show oor en oor en oor moet kyk nie. nee, daar loop sommer 'n hele klomp goeie shows gelyktydig. So het ons dan ook die geleentheid aangegryp om 'n paar shows te gaan kyk.

Phantom of the Opera

Die moeilik om die hype oor die show te beskryf. Ons het met groot afwagting by Her Majesty's Theatre opgedaag, ons baie goedkoop sitplekke bestyg (ry B in die balkon). Voor ons het 'n familie gesit wat nie lekker kom sien oor die reëling nie, met die gevolg dat hulle vooroor lê en sodoende die res van ons se uitsig belemmer. Noodeloos om te sê het dit die aand bederf. My ervaring was dat die show beter kon wees uit 'n beter sitplek, maar die GBP40 vir 'n beter sitplek is bietjie dik vir 'n daler as mens nei meer in ponde verdien nie.

The Mousetrap

Sekerlik een van die populêrste vertonings in Londen. Die show hardloop al vir 53 jaar en steeds lok dit mense. Ons het 'n middag vertoning bygewoon. Dit was lekker leeg en ons kon toe na beter sitplekke skuif. Mousetrap tel onder my gunstelinge en ek sou dit vir enigeen aanbeveel.

The Producers

Die laaste show wat ons bygewoon het en weereens het ons bo in die balkon gesit. Dit sou ook ons laaste show gewees het voor ons Londen in 2005 verlaat het, maar ongelukkig was die show op 07/07. Terugvoering wat ons voor die tyd gekry het was beide positief en negatief. Vir my was dit 'n entertaining show en ek sou dit bo Phantom plaas vir die 3 wat ons gesien het.

Monday, August 21, 2006

Terug en bly daaroor

Soos baie dinge in die lewe, is dit nodig om "closure" te kry oor goed. Ek kan nou amptelik sê dat ek "closure" het oor Londen. Die lewe daar was en is great, maar vir waar ek nou staan in my lewe is SA die enigste plek om te wees. Môre, as ek beitjie varser voel, sal ek 'n ordentlike blog plaas met kiekies en die lot.

Tot later...

Tuesday, August 08, 2006

Up, up and away

Wou sommer net 'n vinnige update gee op Petite. Sy weeg nou 'n volle 1kg, is 31cm lank en in my skoonma se woorde "is sy die mooiste poppie". Nog net 13 weke tot die ontmoeting :)

Oor minder as 8 ure vertrek ons om die Moddereiland te besoek vir 2 weke. Vandag(08/08) is ook Tjomma se verjaarsdag - Johan, sorry ek mis die spit, maar volgende jaar is ek beslis daar!

Groetnis uit die kraal.

Friday, August 04, 2006

Waar die oseane ontmoet, n.a.v. Pienk Zuit


Die Pienk Zuit het onlangs 'n blog, Twee Oseane, geplaas oor waar die oseane ontmoet en hier is gou 'n foto om te bevestig dat L'Aghulas se claim to fame stop by die Suidelikste punt van Afrika.