Rendier se kraal

Friday, November 24, 2006

Familie fotos

Laasweek Saterdag was ons vir ons eerste fotosessie. Kim Mitchell (http://www.kmphotography.co.za/) het haar goed van haar taak gekwyt en Poppie was mooi soet deur die hele petalje.


Soos 'n properse prinses.




Eerste familie foto






Die twee girls in my lewe

Friday, November 17, 2006

Twee weke oud

Petit Princess Nina is nou bietjie meer as 2 weke oud en sy's nog so oulik soos altyd.

Hier lê ons twee en dut op 'n Saterdagoggend.

Monday, November 06, 2006

Slapelose nagte en ander geskenkies

Nina het Saterdag huistoe gekom. Dis die lekkerste gevoel ooit om hulle by die huis te hê. Die senuwees van die eerste nag is egter 'n ander saak. Haar asemhaling is so rustig, selfs stil, dat mens nie anders kan as om haar so effe te irriteer net om seker te maak sy's nog met ons nie.

Die eerste nag tuis was sy baie soet. Elke 3 en 'n bietjie ure het sy ons mooi laat verstaan dat sy nou 'n behoefte het en 'n behoefte bestaan uit een van die volgende:
A. Ek kry warm/koud
B. Ek is honger
C. Ek het 'n geskenkie vir julle ingepak :)

Sondag kon ek my verkyk aan haar. Mens wil haar nie vir 'n oomblik alleen los nie. Daai oë wat nog so soek. Op die stadium konsentreer sy nog op die buitelyne en sy verkyk haar aan my "papegaai"-kuif. Dan kry sy weer daai skalkse klein glimlag, 'n frons en 'n knor!

Sondagaand het sy haar eerste bad geniet - deur die uwe toegedien. Kon nie help om soos 'n dominee te voel nie...ek het opgehou nog voordat ons geleer is hoe om te doop...ek wonder of die Kweek jou leer hoe om die kriewelrige goetertjies vas te hou? As haar lyfie die water raak, is sy rustig. Ek begin al droom hoe ons haar vir haar eerste duik neem ;)

Poppie slaap soet en eet lekker. Dis al vir eers uit die Rendier se kraal.

Thursday, November 02, 2006

Petite Princess Nina


Born 01 November 2006 @ 08:22
Height: 51.1cm
Weight: 3.940kg