Rendier se kraal

Tuesday, February 21, 2006

Om voor te vlieg



Mense, wat 'n voorreg is dit nie. Mens besef nie hoe lekker vlieg is, tot jy voor inklim nie.

So is ek en my swaer (JPT) Stuttgart toe op besigheid. Oudergewoonte daag ons 'n skaflike 3 ure voor die tyd by die lughawe op. 'n Vinnige groet in die "Drop & Go" en ons wals die lughawe binne. Geen rye nie, in fact daar was skaars 'n siel op die lughawe, wat seker normaal is as jy 14:30 op 'n Sondag daar aankom.

Eerste treat: GEEN RYE. Ons stap dood luiters na die check-in desk en ons bagasie word vinnig deurgevlieg Stuttgart toe.
Tweede treat: BUSINESS LOUNGE. Dis nou wel nie die grootste of grand-ste plek wat ek al besoek het nie, maar daar is alles wat 'n mens nodig het; internet, TV, koerante (ek lees geskok dat Jurie nie Gay is nie!), toebroodjies en drankies.
Derde treat: LEGROOM. Hemels. Na so 'n lekker sitplek, kan ek nie myself weer agter sien sit nie. Boonop kry jy silwer eetgery, glase en die hele toetie. Gee my maar nog 11 ure in die lug!

Na die vlug verneem ek dat ons Duitse lugredery nie van die bestes is nie, in fact hulle skiet lelik te kort aan selfs hul Suid-Afrikaanse eweknie. Nietemin was dit 'n ondervinding soos min.

Mag elkeen bevoorreg genoeg wees om ten minste een keer voor te vlieg.

1 Comments:

At 8:21 PM, Blogger renklem said...

En jy vertel niks van die eerste-klas koebaai wat jy by die lughawe gekry het nie? Skaam jou rendier

 

Post a Comment

<< Home