Rendier se kraal

Tuesday, February 28, 2006

Dis donker in Afrika



Dis donker in Afrika. Ja vriende, dis donker.

Eintlik is dit 'n wonderwerk dat ek hierdie boodskappie kan bring, want krag is nie vollop in die Kaap nie. Eintlik leen ons krag van Mpumalange af, want Koeberg het "Totsiens" gesĂȘ, so "Koebaai Koeberg, Hello Kerslig".

Een van die goeie gewoontes wat ek uit die Moddereiland/Lizzie se klip geleer het, is gas stowe. Mense, dis great om op gas te kook. Veral as almal om jou op 'n ou Cadac moet water kook en gelukkig moet wees met hulle pakkie 2-minutes noodles - wat natuurlik nader aan 10 minute neem om te maak. Dis natuurlik as hulle 'n Cadac besit, want mens kry dit nie meer in die winkels nie. Almal is uitverkoop.

Die krag situasie/krisis loop nou al sedert Kersfees 2005. Ja, dit vat so lank om 'n spaar part vir reaktor 1 te vind. EDF in Frankryk het een, maar hulle wil dit nie verkoop nie - dis al een wat hulle het. So hoe nou gemaak? In goeie SA tradisie, blameer almal mekaar. Veral nou voor die verkiesing (1 maart 2006) is dit 'n lekker modderkoek om rond te slinger. Om alles te kroon, moet reaktor 2 oor 'n maand of wat herlaai word, wat beteken dit gaan vir ten minste 'n maand buite aksie wees.

So liewe vriende, in die woorde van die befaamde Ralph Rabie(aangepas deur die uwe om dit eietyds en relevant te maak) - "Gee, gee, gee. Gee jou kerse vir Kaapstad."

0 Comments:

Post a Comment

<< Home