Rendier se kraal

Thursday, April 06, 2006

Die stilte



Vriende, die eerste Kaapse donderstorm het ons getref. Blykbaar was dit laasjaar om en by dieselfde tyd ook hier. Dis die vreemdste gevoel, as die son nog oor Blouberg loer en die donker wolke oor Tygerberg vergader.

My pad huistoe het 'n draai in Milnerton ingesluit, waar die druppels een vir een hulle pad aarde toe gekies het. As jy vinnig genoeg was, kon jy hulle sy-stap, so groot was hulle. Op die pad terug Tygerberg se kant toe, het dit donker geraak; donker en warm. Daar was iets vreemds in die lug. Op teen Jip De Jager, het dit mistig geword, maar nie blou-grys mis nie, oranje. Dit voel soos iets uit 'n sci-fi movie. Die onheilspellende oranje mis en die gekraak van die weerlig oor die radio. Ek kon egter nie die weerligstrale sien nie, net 'n kraak en dan 'n donderslag. Die weerlig val meer gereeld en harder tot op die aarde. Die reën sak neer in 'n stormvloed en toe, die stilte.

2 Comments:

At 1:48 PM, Blogger renklem said...

En daai ruik dit mos ook so lekker. Sjoe, ek mis daai donderstorms wat so neersak en die wereld 'n goeie was gee.

 
At 11:57 AM, Blogger Rendier said...

Ek het amper 'n paar "Hail Mary's" die lug in gestuur, maar jy reg. Die wêreld lyk sommer nuut na so 'n skrobbering.

 

Post a Comment

<< Home