Rendier se kraal

Tuesday, April 18, 2006

Petit Mouton


Ons klein skapie

Na 'n dolle gejaag, grotendeels my skuld, het ons Donderdag (13 April 2006), ons kleinding vir die eerste keer ontmoet. Ek dink nie woorde kan die gevoel omskryf nie; antisipasie, trots, "awe"!


Ek sĂȘ dankie vir tegnologie, want nou hoef ons nie 9 maande te wag om ons kleinding te sien nie. Dis ongelooflik! So 'n klein wesentjie, 3.3cm lank, verskyn op die skerm en dan is hy/sy nog omgekrap ook as jy te hard druk! Dis absoluut fantasties om te sien en toe waai die kleinding boonop vir ons.

Mag elkeen die wonder van 'n nuwe lewe ervaar. Dis absoluut fantasties en 'n ongelooflike voorreg.

1 Comments:

At 7:44 PM, Blogger renklem said...

Rendier, ek is bly vir julle, maar ek hou nog by my teorie dat skoolhou die beste voorbehoedmiddel is. En dit werk!!

 

Post a Comment

<< Home