Rendier se kraal

Tuesday, April 25, 2006

Stilte in die Paradys


Hoekom is dit, dat elke stukkie Paradys deur een of ander mal moer wat Paradys toe wil gaan, opgeblaas word?

Dahab...'n stukkie Hemel, veral onder die water. Die mense daar is eenvoudig, selfs arm. Elkeen probeer 'n bestaan voer deur dieselfde goed te verkoop. ek en Mev Rendier het gespot met die Strip en dit die "Guantlet" genoem, want jy kan nie een treë gee sonder dat jy of gegroet, of genooi word vir aandete, of genooi word om na hulle items te kom kyk nie. Dit was vreemd, selfs irriterend, maar tog was die mense altyd vriendelik en het hulle in gebroke Engels, Duits, Frans, jou laat welkom voel in hierdie stukkie Paradys. Hulle plek, wat oorstroom word met toeriste. Eenvoudige toeriste wat 'n goedkoop vakansie-plek kies. Iewers uit die gehar-war van die stad en sy mense. Hulle het vroeg reeds besef watter bydrae toeriste tot hulle bestaan maak.

Vanoggend lees ek die dat daar 3 bom aanvalle in Dahab was en my hart word koud. Daai dogtertjie wat my die "Greedy man" gedoop het kon daar geloop het, sy is dalk een van die talle wat dood of beseer is. Of die vriendelike man wat ons uitstappie Kairo toe gereël het. Nie eens te praat van ons duik gidse nie!

Wie kan in vandag se tyd nog glo dat jy beloon gaan word vir sulke dade? Is jy stupid genoeg om te glo dat jy 70 maagde in die hemel gaan kry? Dit maak my moedeloos.

Terloops, vandag is Yom Hashoah: Holocaust Remembrance Day

2 Comments:

At 9:09 PM, Blogger renklem said...

Jip, so neuk hul mos alles op.

 
At 1:59 PM, Blogger PienkZuit said...

Die ergste is: hulle is besig om te wen (in 'n mate). Ek en my vrou was 2 jaar terug besig om 'n trip Rooisee toe te beplan, en toe gebeur die bomontploffings by Taba. Dit het ons laat besluit om toe eerder Kenia toe te gaan, want al is ons nie paranoid nie, wou ons nog steeds nie die kans vat nie. Hulle het dus geslaag om my bang te maak, en so wen hulle.

 

Post a Comment

<< Home