Rendier se kraal

Tuesday, June 13, 2006

Gierigheid en leuenaars

One down and one to go. Ons huis is gisteraand verkoop, maar nie sonder 'n goeie dosis drama, soos wat dit die Rendier-clan betaam, nie.

Dis Sondagaand 21:00. Agent A kom na ons toe met 'n aanbod. Ons het tot Maandag 16:00 om dit te aanvaar. Ek en Mev Rendier slaap oor die saak en die volgende oggend maak ons 'n plan. Ons wil Rn in ons sakke steek, so indien Agent A bereid is om haar dienste, wat in totaal 2 dae gestrek het, teen 'n billike komissie te doen, teken ons net daar en dan, of sy moet die Kopers kry om hulle aanbod te verhoog sodat ons Rn in ons sakke kan sit. Agent A weier om vir "so min" te werk en forseer die Kopers om hulle aanbod te verhoog.

Intussen skakel Agent B my. Haar kliënt wil 'n aanbod insit. Hoe kan ek haar dit weier? Teen 15:30 is die aanbod op die tafel en dit besorg ons Rn + x in die sak. Teen 17:00 skakel ek Agent A om haar mee te deel dat 'n hoër aanbod op die tafel is en ons het tot 20:00 om dit te aanvaar. Groot boehaai! Sy's in trane, maar as mens geldgierig is moet jy suffer! Nie net het sy ons te na gekom nie, maar ook die kopers, so sy het net haarself te blameer.

Vanoggend is dit my voorreg om die ander agente te skakel en mee te deel dat die huis verkoop is. Agent C, wie nog altyd effe nors en ongeskik was, wil dadelik weet wie dit gekoop het. Die Kopers was nie wie sy verwag het dit sou wees nie. Sy beweer dat dit haar kliënt is en nou wil sy komissie opeis! Absurd! Die vrou het voor my siel nog niks gedoen om die huis te probeer verkoop nie. In teendeel, sy het die Koper se man, wie ons nou nog nie ontmoet het nie, op 'n dag die huis gewys toe die huis oorkant die pad nie beskikbaar was nie..."net om hom te wys hoe lyk die afwerkings, want al die huise lyk mos dieselfde" - TWAK!

So hier sit ons nou in 'n twis gewikkel tussen die gieriges en die leunaars.

Sol justitiae illustra nos...mag julle blase brand vir julle dade!





2 Comments:

At 12:54 PM, Blogger PienkZuit said...

Ek werk myself sommer op as ek aan eiendomsagente dink! As mens hulle daarop wys dat 5% van deesdae se huispryse nogal 'n stewige bedraggie is vir 'n paar dae se werk, hoor mens altyd 'n ge-oefende antwoord: "Mense kla altyd oor hoeveel eiendomsagente verdien, maar hulle vra hulself nooit die vraag hoeveel waarde die agent bydra tot die transaksie nie". Hoe iemand 'n agentskap begin wat op 'n vaste bedrag komissie werk hoe beter. Hulle sal al die res van die skurke se kele afsny, en die mark weer meer realisties maak. My bloed kook nou sommer net van skryf daaroor!

 
At 11:07 AM, Blogger Rendier said...

Die hartseer saak is dat Agent B bereid was om teen 'n vaste koers te werk - werk uit op net so oor die 3%. Daar kom blykbaar binnekort nuwe wetgewing uit oor komissie en dan gaan die ouens hoes!

 

Post a Comment

<< Home