Rendier se kraal

Friday, July 07, 2006

Londen 07/07 - 'n Jaar later



Dis een jaar sedert Londen tot stilstand geruk is. Die dag sal ek nog goed onthou. My lot het ek met 10 minute vrygespring. Ons het, soos dit enige goeie Suid-Afrikaner betaam, vroeg opgedaag vir werk. Ons het amper nie, want kyk, ons het toe mos alreeds kennis gegee en was binnekort oppad terug na die Moederland. Pligsgetrou het ons vroeg opgedaag en so 'n katastrofe op Edgeware Road vrygespring.

Teen 14:00 het ons groot baas laat weet dat ons huistoe kan gaan en ons het die lang tog af Waterloo toe te voet afgelê. Die ongemaklike stilte, gebreek deur die loei van sirenes elke dan en wan, sal my altyd bybly.

'n Paar weke later maak ek en Mev Rendier ons debuut op internasionale TV - SKY News voer onderhoude met beide van ons en vir 'n paar uur word dit herhaardelik uitgesaai.

Twee maande later sit ons terug in die Paradys, waar geweld en misdaad alledaags is, maar geweld op so 'n groot skaal is ongekend.

Kiekie is van 'n tekening deur Steve Bell wat in The Guardian gepubliseer was.

1 Comments:

At 9:03 PM, Blogger renklem said...

Sjoe, ons het weer 'n minuut stilte geeerbied hierdie jaar. Mens is maar steeds so half op jou senuwees - of miskien is dit net ek wat nie so baie ingaan stad toe op die tube nie. Ag ek praat stront, ons is glad nie op ons senuwees nie. EK soek steeds daai autograph

 

Post a Comment

<< Home