Rendier se kraal

Wednesday, July 19, 2006

Petite kom Londen toe


Familie Rendier kom die Moddereiland besoek. Jip, ons het verneem dat dit nou lekker warm is en ons Afrika-velle sal die weer kan trotseer.

Ek sien al lankal uit daarna om iemand te maak opstaan as Mev Rendier die tube bestyg. Wees gewaarsku, as jy jouself op 'n sitplek vind wat vir arkies en dies meer bedoel is, mag ek jou dalk net vriendelik versoek om plek te maak. Mundy, Netta lyk swanger genoeg om selfs ons toets te kom slaag :)

Familie Rendier sal op die 11de Aug Lizzie se Klip betree en vir 'n paar dae weiding soek. Besoeke aan Mothercare en dies meer is aan die orde van die dag, maar 'n paar aande in Bootsies sal beslis gebeur.

Tot later

1 Comments:

At 2:26 PM, Blogger Munds said...

Ek noem nou-nou vir Mev Rendier dat jy moet begin Petite sĂȘ (met die e aan die einde). Dis nou om te bewys dat jy van 'n meisie praat en nie 'n outjie nie!

Wat ek ook wil sien is die reaksie van Rendier wanneer niemand opstaan nie - dit sal die dag se "entertainment" wees!

 

Post a Comment

<< Home