Rendier se kraal

Friday, July 14, 2006

Petite Mouton - 23 weke



Tegnologie is wonderlik. Woensdag het ons gou weer 'n draai gaan maak by die sonograaf. Alles is in orde en Petit groei goed, so goed dat sy al amper 'n week groter as haar ouderdom is. Dit was moeilik om fotos te kry, want madame is effe sku en wou net nie haar handjies van haar gesig af verwyder nie. Die donker area teen haar voorkop is die ellendige hand.

Groetnis uit die Rendier se kraal.

2 Comments:

At 10:28 AM, Blogger renklem said...

Dit is ongelooflik wat tegnologie nou kan doen. Lyk my sy het al bietjie van 'n "tan" gekry, dis die dat sy so die handjie voor die oe hou - om die son en skerp ligte uit haar oe te hou.

 
At 8:16 AM, Blogger Rendier said...

Dalk talm sy oor die dinge wat saak maak in die lewe, soos die relatiewiteitsteorie, of hoe om die wêreld van VIGS te red. Drome, dis al wat ons kan hê, drome en hoop

 

Post a Comment

<< Home