Rendier se kraal

Tuesday, August 22, 2006

The West End

Londen het great shows. Nie soos hier in die Kaap waar mens vir 'n maand of 3 dieselfde show oor en oor en oor moet kyk nie. nee, daar loop sommer 'n hele klomp goeie shows gelyktydig. So het ons dan ook die geleentheid aangegryp om 'n paar shows te gaan kyk.

Phantom of the Opera

Die moeilik om die hype oor die show te beskryf. Ons het met groot afwagting by Her Majesty's Theatre opgedaag, ons baie goedkoop sitplekke bestyg (ry B in die balkon). Voor ons het 'n familie gesit wat nie lekker kom sien oor die reëling nie, met die gevolg dat hulle vooroor lê en sodoende die res van ons se uitsig belemmer. Noodeloos om te sê het dit die aand bederf. My ervaring was dat die show beter kon wees uit 'n beter sitplek, maar die GBP40 vir 'n beter sitplek is bietjie dik vir 'n daler as mens nei meer in ponde verdien nie.

The Mousetrap

Sekerlik een van die populêrste vertonings in Londen. Die show hardloop al vir 53 jaar en steeds lok dit mense. Ons het 'n middag vertoning bygewoon. Dit was lekker leeg en ons kon toe na beter sitplekke skuif. Mousetrap tel onder my gunstelinge en ek sou dit vir enigeen aanbeveel.

The Producers

Die laaste show wat ons bygewoon het en weereens het ons bo in die balkon gesit. Dit sou ook ons laaste show gewees het voor ons Londen in 2005 verlaat het, maar ongelukkig was die show op 07/07. Terugvoering wat ons voor die tyd gekry het was beide positief en negatief. Vir my was dit 'n entertaining show en ek sou dit bo Phantom plaas vir die 3 wat ons gesien het.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home