Rendier se kraal

Friday, September 08, 2006

House of Spice

Vir al julle Londenaars wil ek die volgende eetplek aanbeveel: The House of Spice, 507 Kingston Road, Raynes Park, SW20 8SF.

Die plek was soos 'n tweede kombuis. Ons bus(163) het elke dag daar verby gery en ons het letterlik net 6 huise in die straat af gewoon. So as die hongerpyne van 'n lang dag se werk jou druk en jy net nie kans sien vir 'n ready meal of kosmaak nie, is dit die plek om in jou straat te hĂȘ.



Doen jouself 'n guns en gaan maak daar 'n draai. Pompedoms vir voorgereg is 'n moet. As jy lus is vir 'n soet smaak sensasie, bestel, nr.14 of 16 (die name ontgaan my nou) en vir iets anders as die normale brand sensasie van 'n Madras (wat nie op die menu is nie maar wel bestel kan word) of 'n Vindaloo, kan jy ook settle vir 'n Murgh Kadai. Dit is 'n geurige dis met 'n growwe tekstuur. Wanneer jy die menu foos bestel het, kan jy vir die chef vra om vir jou iets spesiaals te maak en glo my, die ongelooflikste kos kom dan uit die kombuis uit. Na ete bedien hulle lemoenskywe en warm lappies om die blink van jou gesig af te was - of die sweet as jy 'n Vindaloo gehad het.

Moenie die nagereg vergeet nie. Lekker Gulab Jamun vir die soet tand.

Wanneer hulle jou rekening bring, word dit vergesel met 'n Tia Maria en Room shooter en 'n After Eight sjokolade.

'n Ete vir 2, 2 groot Cobras ingesluit, sal jou so GBP30 uit die sak jaag, selfs minder.

2 Comments:

At 3:19 PM, Blogger Munds said...

En probeer ook die "Bangla" as jy die dag nie lus is vir Cobra's nie. Rendier, ek kyk al die afgelope 2 weke na daardie plek - moet so 'n draai maak daar in die nabye toekoms!

 
At 4:47 PM, Blogger Rendier said...

Wat van 'n lekker vindaloo voor jy SA toe vlieg? ek sal vir jou hier 'n lekker Madras aanmekaar slaan - nes daar in House of Spice, Cape Town style

 

Post a Comment

<< Home