Rendier se kraal

Wednesday, May 24, 2006

Petit Princess


Hoe wonderlik is moderne tegnologie dan nie? Ek en Mev Rendier het gisteroggend weer bietjie saam met ons prinsessie gekuier...sommer net gaan inloer om te kyk dat alles nog reg verloop.

Prinsessie is nou 15cm van kop tot tone en groei teen 'n bestendige tempo, alhoewel mens dit nie sou sê as jy na Mev Rendier kyk nie; sy's nog so mooi soos altyd. Op die kiekie kan mens sien dat Petit se brein ook sterk aan die ontwikkel is. Dis 'n senutergende affêre om so na haar te kyk. 'n Mens raak al hoe meer bewus van wat alles kan fout gaan gedurende 'n swangerskap. Ons staan tans op 16 weke, 40% van die pad.

Groete vir eers uit die kraal

Wednesday, May 10, 2006

Is it a girl?



Petit Mouton groei nog sterk en haar mamma dra die gevolge. Jip, die kans is groot dat Petit 'n "haar" is, want volgens die sonograaf "is Petit bietjie plat in daai area". Wel Petit is ook maar net 13 weke oud, so kom ons gee hom/haar nog 'n week of wat en dan kyk ons weer.

Verder is Petit 'n aktiewe klein wesentjie. Op die sonar het hy/sy tog te lekker baljaar. Hier is 'n fototjis van hom/haar in aksie.

Dis al vir eers vanuit die Rendier se kraal.