Rendier se kraal

Tuesday, January 24, 2006

Wat ek mis van die Modder-eiland


Wanneer mens terugkeer na die beloofde land, is daar seker nie baie dinge waarna mens kan verlang nie. Tog is daar oomblikke wat verewig word en waarna 'n mens smag, soos: 'n pint in Bootsies, kerrie by House of Spice, laat aand op die tube terug huistoe, visvang saam met pêlle.

Slabber, Briers: Ek mis daai koue, vroeë oggende. Syon Park, Powder Mills...eendag hou ons klomp reunie daar.

Thursday, January 19, 2006

Kosfiemies



Ek eet alles...wel, bykans alles. Ek het my gunsteling disse, maar ek staan nie terug om iets nuuts te probeer nie.
Nou lees ek gisteraand 'n artikel op bl.5 van Die Burger, oor 'n Brit wat dood is weens kosfiemies. Die man het nie van groente en vrugte gehou nie en sodoende ernstige gesondheidsprobleme ontwikkel...of so het hulle dit laat klink. As mens verder lees, lees jy dat die man omtrent net McFries geeet het. Nou daar het hy mos sy groente ingekry, of hoe?

Hier's 'n uitdaging vir julle: Volgende keer as jy in 'n restaurant kos bestel, bestel iets wat jy nog nooit voorheen gehad het nie...Enchilladas by die Spur, 'n Steak wat jy nog nie voorheen gehad het by Cattle Baron nie, Eel by CTFM, Vindaloo by House of Spice. Gaan mal.

Probeer dit, "You only live once!"

Wednesday, January 18, 2006

Oppie Net


Die Rendier is terug in sy geliefde land. Son, see, sand en WIND!!!

So onthou ek die plek nie, maar hou gerus die skerm dop vir allerhande nuus en dinge wat die Rendier aan die gang hou.

Tot later,

Die Rendier

NS: Dis 'n kiekie van ek en Mev Rendier by Tietiesbaai